YOUR TESTIMONY

Petra Taljaard 11 May 2021

Toe hulle my by die kamer in stoot is die eerste wat ek sien die vensters wat spieëls word in die aand.

'n Hele muur lank!

Ek kan nie anders as om te dink aan wat Faith vir my gesê het op die kamp nie.

Hoe kan ek God so beledig deur te dink wat ek in die spieël sien is nie goed genoeg nie!

Ek is gemaak na die beeld van God self!

Hy maak nie foute nie!

Ek bely voor die Here: Vader vergewe my dat U so beledig het. Vergewe my, my trots en arogansie om te dink wat U geskep het is minderwaardig.

Nou elke keer as ek in 'n spieël kyk dan kom die gedagte by my op: nie te sleg nie.

Wat ek in die spieël sien word mooier en mooier.

Dankie Here, U het my uniek geskape na U beeld. Nooit sal ek weer slegte dinge van my spieëlbeeld sê of dink nie. Ons is almal volgens U wil en doel gemaak.

Dit gee my ook meer moed om te baklei vir wat oor is, van my genesing tot al my geliefdes en vriende. Ek kan nou meer en meer met vertroue tot die Vader bid en weet wat ek voor baklei sal gehoor word in die Hemel!